Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

COMPILATION OF THE HESSEQUA MUNICIPAL SMART ECONOMIC DEVELOPMENT STRATEGY

Notice is hereby given that Hessequa Municipality intends to consider the Draft Municipal Smart Economic Development Strategy [SMART strategy].  The Constitution of the Republic of South Africa, 1996, provides in sections 152(1)(c) and 152(2) that local government must promote social and economic development within the municipal borders and that the municipality must strive within its financial and administrative capacity, to achieve the objects set out in subsection 152(1).  Section 23 of the Municipal Systems Act, 2000 prescribes that a Municipality must be developmentally oriented, through the development of an Integrated Development Plan (IDP). 

The White Paper on Local Government explores the concept of Developmental Local Government, and defines that local governments are responsible to work with local communities to find sustainable ways to meet the needs and improve the quality of lives.  The draft SMART strategy presents four characteristics of local government i.e., maximising social and economic growth, integrating and coordination, democratising development and leading and learning. 

The draft SMART Strategy is available on request and also on the Hessequa Municipal Website at https://www.hessequa.gov.za/?cdm_linkout=MjMxMw==

Comments can be submitted on/before 23 May 2022. 

Should you have any additional questions regarding the process or want to register as a relevant stakeholder/interested party for the Teams Work session on 11 May 2022 at 14h00, please do not hesitate to contact Mr Bertus Hayward at Hessequa Municipality per electronic mail bertus@hessequa.gov.za or on 028 713 8065.

H Visser
Acting Municipal Manager
PO Box 29
Riversdale
6670

SAMESTELLING VAN HESSEQUA MUNISIPALE SMART EKONOMIESE ONTWIKKELINGSTRATEGIE

Kennis geskied hiermee dat Hessequa Munisipaliteit van voorneme is om die Konsep Munisipale “Smart” Ekonomiese Ontwikkelingstrategie te oorweeg [SMART strategie].  Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, bepaal in artikels 152(1)(c) en 152(2) dat plaaslike regering maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling binne die munisipale grense moet bevorder en dat die munisipaliteit binne sy finansiële en administratiewe hoedanigheid moet streef om die oogmerke in subartikel 152(1) uiteengesit, te bereik. 

Artikel 23 van die Wet op Munisipale Stelsels, 2000, skryf voor dat ‘n Munisipaliteit ontwikkelingsgerig moet wees deur die ontwikkeling van ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP).  Die Witskrif oor Plaaslike Regering ondersoek die konsep van Ontwikkelende Plaaslike Regering, en definieer dat plaaslike regerings verantwoordelik is om met plaaslike gemeenskappe saam te werk om volhoubare maniere te vind om aan die behoeftes te voldoen en die lewensgehalte te verbeter.

Verder bied die konsep SMART strategie vier eienskappe van plaaslike regering, naamlik die maksimalisering van sosiale en ekonomiese groei, integrasie en koördinasie, demokratisering van ontwikkeling en leiding en onderrig. 

Die konsep SMART strategie is op aanvraag beskikbaar en ook op die Hessequa Munisipale Webwerf by https://www.hessequa.gov.za/?cdm_linkout=MjMxMw==.   

Kommentaar kan voor/op 23 Mei 2022 ingedien word. 

Indien u enige bykomende vrae oor die proses het of as ‘n relevante belanghebbende/belanghebbende party vir die Teams Werksessie op 11 Mei 2022 om 14h00 wil registreer, moet asseblief nie huiwer om mnr Bertus Hayward by Hessequa Munisipaliteit per elektroniese pos bertus@hessequa.gov.za of by 028 713 8065 te kontak nie.

H Visser
Waarnemende Munisipale Bestuurder
Posbus 29
Riversdal
6670

Thank for your file upload