Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

Burgemeesterskennisgewing: Lae Reservoirvlakke

Inwoners word hiermee in kennis gestel dat die munisipaliteit tans lae reservoirvlakke ervaar weens lae reënval gedurende die jaar, tesame met besproeiingstelsels wat deurlopend gebruik word om grasperke nat te maak.

Verder het ’n onlangse pomponderbreking by die Olive Grove-Watersuiweringswerke bygedra tot ’n verdere daling in reservoirvlakke. As ’n tussentydse maatreël word watertenks ontplooi om die reservoirvlakke aan te vul.

Alhoewel hierdie situasie tans nie as ’n watertekort beskou word nie, vereis dit die noukeurige bestuur van beskikbare waterhulpbronne. Die munisipaliteit monitor die stelsel voortdurend en implementeer alle nodige maatreëls om die reservoirvlakke te stabiliseer.

Inwoners word vriendelik versoek om water spaarsamig te gebruik en om te voldoen aan die waterbesparingsmaatreëls wat in plek gestel was  deur die munisipaliteit.

Die munisipaliteit bedank die gemeenskap vir hul begrip en samewerking.

Uitgereik deur die Kantoor van die Burgemeester

Search

Categories

Thank for your file upload