Tydens die 2015/16 begrotingsproses, is ‘n tariefstruktuur ondersoek gedoen vir die betaling van ‘n basiese dienste heffing (water, riool en vullisverwydering) op eiendomme wat beskik oor meer as een woon- of verhuurbare eenheid. Hierdie tariefstruktuur ondersoek is breedvoerig met die gemeenskap gewerkswinkel.
Gedurende die 2014/15 boekjaar is basiese dienste gehef deur die tarief te vermenigvuldig met die addisionele wooneenhede, terwyl besighede wat oor meer as een verhuurbare eenheid beskik, maar slegs een wateraansluiting het, gehef is deur die aantal eenhede met die tarief van ‘n minimum wateraansluiting van 20mm te vermenigvuldig.
Vir die 2015/16 boekjaar word elke woon-/verhuurbare eenheid vir basiese dienste gehef asof dit ‘n afsonderlike eenheid is. Voor enige tariefstyging, is hierdie metode van heffing 15% minder as in 2014/15. Die tarief struktuur word vervat in die Raad se Verordening vir Tariewe en Gratis Dienste vir 2015/16
Verdere besonderhede is verkrygbaar by tel.028 713 8000 of by info@hessequa.gov.za