Restaurant eienaars en eienaars van store/skure op plase moet kennis neem dat daar aansoek gedoen moet word by die plaaslike owerheid indien hulle geleenthede in hul onderskeie lokale oor die vakansie seisoen wil laat geskied. Geleenthede sluit in: lewendige vermaak deur sangers, orkeste en platejoggies. Restaurante, store, skure word nie beskou as ‘n Plek van Vermaak nie, en daarom moet toestemming by die plaaslike owerheid bekom word. Indien geleenthede geadverteer word, hetsy op sosiale media of in die gedrukte pers, waarvoor toeskouers moet bespreek en betaal, word dit as ‘n amptelike geleentheid beskou. Slegs enkele restaurante en die Gemeenskapsale in die onderskeie dorpe beskik oor die nodige vereistes om sulke geleenthede aan te bied en word ook ingevolge die Soneringskema toegelaat om geleenthede aan te bied. Lokale wat nie die nodige toestemmings het om geleenthede aan te bied nie beskik ook nie oor die gesondheid-, veiligheid- en brand regulasies nie en stel hulsel bloot aan risiko’s soos onder andere, brand gevare, nood ontruiming, rook inaseming, tekort aan voldoende ablusie geriewe, onvoldoende parkeerareas ens. Restaurante word wel toegelaat om enkel man vertonings aan te bied, maar slegs in gevalle waar daar nie geadverteer of kaartjies te koop daarvoor aangebied word nie.
Eienaars van lokale wat beplan om geleenthede oor die vakansie seisoen aan te bied kan Wessel van Brakel kontak by wessel@hessequa.gov.za