Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

2016 /2017 Begroting en GOP ter tafel gele

2016/2017 BEGROTING EN G.O.P. TER TAFEL GELÊ

Hessequa Munisipaliteit se 2016/2017 begroting en Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (G.O.P.) is op 30 Mei 2016 tydens ʼn Spesiale Raadsvergadering ter tafel gelê.
Die 2016/2017 begroting is aan die Speaker, Dr. Joan Prins en Raad voorgelê deur die Uitvoerende Burgemeester Raadslid Emor Nel. Burgemeester Nel is sedert 2011 burgemeester van Hessequa munisipaliteit en merk die 2016/2017 begroting haar laaste na ʼn vyf jaar termyn.

Burgemeester Nel noem in haar begrotingsrede dat dit ʼn eer was om die Hessequa gemeenskap te dien en verwys na die huidige Raad se hoogtepunte waarin hulle presteer het asook die uitdagings wat hulle as Raad oorkom het asook nog voorlê vir die volgende raad..

Die totale bedryfsbegroting beloop:

  2016/2017  2017/2018 2018/2019
Totale Inkomste 504 372 744 416 856 490 444 397 156
Totale Uitgawes 422 779 120 434 911 127 473 307 467

Die totale kapitaalbegroting beloop:

  2016/2017 2017/2018 2018/2019
Kapitaalbesteding 158 542 361 117 329 000 84 317 900
Finansiële Bronne      
CRR 7 529 500 4 123 600 2 405 500
Eksterne Lenings 45 846 900 97 476 600 68 180 000
Toelaes, openbare bydraes en skenkings 105 165 961 15 728 800 13 732 400

 

Dat die volgende tariefverhogings vir 2016/17 is goedgekeur:

EIENDOMSBELASTING

  • Residensieel – 7.0%
  • Besigheid – 7,0%
  • Staat – 7,0%
  • Landelike – 7,0%
  • Leë erwe – 7,0%

WATER – 7%

ELEKTRISITEIT – 7.64% (gemiddeld)

VULLISVERWYDERING – 7%

RIOOL – 6%

Hessequa Munisipaliteit bedank die Departement van Finansies vir hul harde werk en uitstaande bydraes in die samestelling van die jaarlikse begroting vir 2016/17.

Die goedgekeurde 2016/2017 begroting, bylaes en goedgekeurde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) is beskikbaar vanaf 8 Junie 2016 op die Hessequa Munisipale webtuiste, biblioteke en alle plaaslike Munisipale Kantore.

Thank for your file upload