Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Wykskomitee nominasies

Wykskomitees is ’n baie effektiewe manier om gemeenskappe en alle rolspelers te bereik en aan te moedig om deel te wees van alle gebeurtenisse in hul wyke. Die Raad het hul Wykskomitees beleid gewysig om sekere te maak dat alle gemeenskappe verteenwoordig word.

Die gemeenskappe is in sektors opgedeel waaruit nominasies vir wykskomiteelede ontvang sal word. Hierdie is slegs van toepassing vir gemeenskappe waar daar nie burgerlike platform verteenwoordiger voorkom nie. Gemeenskappe soos Gouritsmond, Stilbaai, Jongensfontein en Witsand wat wel verteenwoordig word deur ‘n platform, is alreeds geïdentifiseer om verteenwoordigers op die wykskomitees te nomineer.

Wykskomitees is ʼn vrywillige adviserende liggaam met ʼn verteenwoordigende struktuur wat onafhanklik, sonder vrees, voorkeur of vooroordeel in die belang van die gemeenskap optree. U deelname in die samestellingsproses sal dus waarde toevoeg tot die proses.

Hoe werk nominasies?

Nominasievorms is beskikbaar by die onderskeie munisipale kantore op die volgende dorpe:

Heidelberg vir Wyke 4, 5 en 9

Slangrivier vir Wyk 4

Riversdal vir Wyke 6, 7 en 8

‘n Nominasievorm moet voltooi word vir ʼn individue wat u wil nomineer vanuit die bogenoemde gemeenskappe en word die instemming van die persoon wat genomineer word benodig. Die voltooide nominasievorm moet in die duidelik gemerkte Wykskomitee Nominasie Kartondoos by die betrokke munisipale kantore geplaas word. Verkiesings sal plaasvind na al die nominasievorms getel is en sal lede aangewys word tot die komitees aan die hand van publieke vergaderings.

Wykskomitee Verkiesingskedule
Wyk Gemeenskap Datum Tyd Saal
8 Riversdal – Môrestond, Aloeridge en Panorama 6 November 15:00 Riversdal Thusong Sentrum
6 Riversdal – Riverville 7 November 19:00 Riverville Saal
7 Riversdal – Kwanokuthula 19:00 Anna Lupini Saal
4 Slangrivier 8 November 19:00 Slangrivier Gemeenskapsaal
4 Heidelberg – Joe Slovo & Diepkloof 10 November 19:00 Duivenhoksaal
5 Heidelberg – Duivenhoks 19:00
9 Heidelberg – Dorp 19:00 Heidelberg Stadsaal
7 Riversdal – Aalwyn Fleur & Hospitaal 14 November 19:00 Riversdal Burgersentrum
7 Riversdal – Garcia 19:00 Garcia Saal

Vir enige navrae in hierdie verband kan u Mnre. L de Villiers en S Block kontak in Riversdal by 028 7138000 of per e-pos by info@hessequa.gov.za . U kan ook enige Raadslid in u wyk nader vir meer inligting aangaande hierdie proses om blok verteenwoordigers te nomineer vir bogenoemde gemeenskappe.

Thank for your file upload