Die werkers met die groenoorpakke is terug en hard aan die werk in Hessequa se kusdorpe. Departement Omgewingsake dryf ʼn “Working for the Coast” projek waarby beide Hessequa Munisipaliteit en die gemeenskap baat. Die Departement stel tydelike werkers aan wat verantwoordelik is vir die skoonmaak van kusgebiede, uitroei van indringerplante, roetine skoonmaak projekte, ens. Hierdie projek skep werksgeleenthede, ʼn skoon omgewing en help met munisipale bate instandhouding.
Die “Working for the Coast” program spruit uit die “Expanded Public Works Programme” projek wat werksgeleenthede en opleiding bied aan werklose mense in die kusgemeenskappe. Die program werk tot die beskerming van die kus-ekosisteme wat noodsaaklik is in die verskaffing van kos en lewensmiddele.
Die “Working for the Coast” spanne is tans werksaam in die Hessequa kusdorpe, Stilbaai, Jongensfontein, Gouritsmond, Witsand en Slangrivier. Die spanne se primêre funksies tot en met 30 April 2016 is die skoonmaak van kusgebiede, optel van rommel, uitplasing van alternatiewe vullishouers, ens.
Toesig oor die persone wat binne die projek werksaam is, is soms problematies en is die publiek soms negatief oor die werkers se produktiwiteit. Sodra Parke afdeling hiervan bewus word, word dit aan die implementeringsagent deurgegee.
Toesig oor die Coast Care werkers is die verantwoordelikheid van die implementeringsagent. Jayson Fortuin is deur die agent aangestel om die werksprogramme te koördineer, klagtes te hanteer en toe te sien dat die werkers van die nodige toerusting en kleredrag voorsien word.
Voorwaardes is deur die implementeringsagent vasgestel vir die aanstelling van die werkers. Tydelike werkers en toesighouers moet ʼn medieseondersoek ondergaan om te bepaal of hulle geskik is vir die verrigting van die fisiese arbeid.
Alle arbeid werkers binne die projek ontvang Veiligheids- en induksieopleiding. Noodhulp opleiding word verskaf sodat elke span oor ten minste een werker beskik wat noodhulp kan uitvoer.