Regulasie 32 A van die Nasionale Padverkeerswet is gewysig en is van krag vanaf 1 November 2015.
Wat beteken die wysiging van Regulasie 32 A van die Nasionale Padverkeerswet?
Hierdie regulasie bepaal dat indien enige motoreienaar ʼn motorvoertuig- of bestuurslisensie transaksie wil aangaan, hulle die volgende bewys van inligting moet kan voorsien:
- Volle name
- Identiteit nommer
- Bewys van residensiële- en posadres
Alle motoreienaars sal vanaf 1 November 2015 ‘n bewys van residensiële- en posadres (nie ouer as drie maande) moet lewer voor enige transaksie op die eNatis sisteem gefinaliseer kan word.
Die wysiging sal verseker dat motoreienaars hul hernuwings kennisgewing en ander korrespondensie by die korrekte adres ontvang. Hierdie bewys word slegs eenmalig benodig indien die persoon nie van adres verander nie, indien ʼn persoon van adres verander sal die persoon egter ʼn bewys van hul nuwe residensiële- en posadres moet lewer.
Hierdie opdatering en lewering van bewys van adres is soortgelyk aan die FICA/RICA wat instansies alreeds gebruik vir bevestiging.
Motoreienaar kan vooraf, tydens kantoorure, registreer op die eNatis stelsel en dus hul transaksie en registrasietyd verkort.
GEEN TRANSAKSIE kan plaasvind SONDER DIE GENOEMDE INLIGTING NIE
‘n Beroep word gedoen dat die publiek geduld sal aan die dag lê met hierdie proses en verseker dat hul die regte dokumentasie met hul sal saamneem. Die proses kan veroorsaak dat transksies ‘n bietjie langer duur maar dit is in ons almal se belang dat die regte inligting op die stelsel vasgelê word en so word moontlike bedrog voorkom.