Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

WATERSPARINGSMAATREELS EN WATERBEPERKINGS IN HESSEQUA

Waterbesparingsmaatreëls is reeds die afgelope drie jaar ingestel in die Hessequa gemeenskap om verbruikers se waterverbruikpatrone te verander, met gunstige resultate.

Waterbesparingsmaatreëls is gemik op verantwoordelike watergebruik en nie as beperking op die publiek nie. Geen boetes word uitgereik vir die verontagsaming van besparingsmaatreëls nie aangesien dit nie in die munisipaliteit se verordening vervat is nie.

A.g.v. die hoë temperatuur, veldbrande, baie besoekers is die verbruik van water abnormaal hoog en word die watergebruike daagliks nagegaan. Waterbesparingsmaatreëls is ingestel om konstante lewering te verseker en is die realiteit dat die watergebruike hoër is as die lewering in seker dorpe.

Die Water Verordening van Hessequa Munisipaliteit dui aan dat ter voorkoming van die verkwistende gebruik van water, of ʼn water tekort, droogte of vloedwater, kan die munisipaliteit by wyse van openbare kennisgewing, die verbruik van water in die geheel of ʼn gedeelte van sy regsgebied verbied of beperk tydens bepaalde ure van die dag of vir bepaalde dae. Waterbeperkings word gedefinieer as die laasgenoemde en is tans slegs op Stilbaai omgewing van toepassing.

Die Stilbaai munisipale area ondergaan tans ʼn droë periode as gevolg van die minimale reënval. Watervlakke is ook beïnvloed deur die hoë waterverbruik tydens die feesseisoen asook die veldbrand wat watervlakke tot ongeveer 30% laat daal het.

Waterbeperkings vir Stilbaai:

1          Die natmaak van tuine word slegs vanaf 17h00 tot 19h00 toegelaat.

1.2        Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.

1.3        Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).

1.4        Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.

Thank for your file upload