WATERBESPARINGSMAATREELS VIR HESSEQUA

image_pdfimage_print

Waterbesparingsmaatreels is gemik op verantwoordelike watergebruik en nie as beperkend op die publiek nie.

1.1          Natmaak van tuine, parke of enige gras-area, word verbied tussen 10:00 en 16:00. (Bona fide kwekerye, duine rehabilitasie projekte, sekere sportvelde, sowel as karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling.)

1.2          Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie onversorg gebruik word nie (dit wil sê sonder toesig gelos word nie).

1.3          Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).

1.4          Voertuie, bote en karavane moet verkieslik met emmers gewas word.  Waar ʼn tuinslang gebruik word, moet dit toegepas wees met ʼn outomatiese afsluit spuitkop.

1.5          Die Munisipaliteit behou die reg om, na oorweging van ʼn gemotiveerde aansoek, skriftelike goedkeuring te verleen vir vrystelling van spesifieke beperkings vir sekere verbruikers.

Alle inwoners word gemaan om water spaarsamig te gebruik. Water is kosbaar, hanteer dit so.