Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Vyfde skoon ouditverslag vir Hessequa

VYFDE SKOON OUDITVERSLAG IN ʼn RY VIR HESSEQUA

Die Hessequa Munisipaliteit het ‘n skoon ouditverslag vanaf die Ouditeur-generaal ontvang vir die 2017/2018 finansiële jaar. Hierdie is die VYFDE AGTEREENVOLGENDE jaar waarin die munisipaliteit hierdie besonderse prestasie behaal.

Die Ouditeur-generaal het hul fokus op drie hoof aspekte geplaas tydens hul ondersoek: finansiëlebestuur, prestasiebestuur asook toepaslike wetgewing en regulasies.

ʼn Skoon oudit beteken onder meer dat die finansiële state ʼn redelike weerspieëling is van die finansiële stand en prestasie van die munisipaliteit en dat die prestasieverslaggewing in orde was. ‘n Skoon ouditverslag is die hoogste toekenning wat ‘n munisipaliteit van die Ouditeur-generaal kan ontvang.

Munisipale Bestuurder Johan Jacobs noem dat die munisipaliteit nie net op koers bly nie, maar dat goeie leierskap en bestuur getoon word. “Die skoon ouditverslag toon die verbintenis van die personeel om dienste van hoë gehalte te lewer, asook hul toewyding tot goeie bestuur en nakoming van wetgewing. Hierdie prestasie bewys dat die munisipaliteit daarin geslaag het om beginsels en prosedures te inkorporeer, om dissipline en stabiliteit te handhaaf in die munisipale omgewing. Die Ouditeur-generaal se fokus is besig om te verskuif van slegs die oudit van finansiële state tot die vasstelling en bewyslewering of kwaliteit dienslewering plaasvind. Die manier hoe die Ouditeur-generaal ondersoek instel en te werk gaan, raak elke jaar net meer intensief en rus die onus op munisipaliteite om te bewys dat die begroting op die regte plekke spandeer word en die belasting betaler waarde vir hul geld ontvang.”

Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles noem dat die munisipaliteit se hooffunksie is om ons gemeenskap te dien en ons moet deurentyd daarna streef om dienslewering te verbeter en te voldoen aan die vereistes van ʼn skoon regering. Om ʼn skoon oudit opinie te bekom is ʼn uitdaging, maar ʼn skoon oudit te behou, is ʼn grooter uitdaging. Welgedaan aan die munisipale amptenare vir hul harde werk en die kwaliteit dienslewering wat die Hessequa gemeenskap en besoekers ontvang.”

Thank for your file upload