Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

VULLISTROKKE TREK AANDAG

Drie van Hessequa munisipaliteit se vullisverwyderings-trokke spog met nuwe baadjies. Die munisipaliteit streef na ʼn volhoubare groen industrie binne die Hessequa gemeenskap en het die titel van Nasionale Arbor City Award wenner en die Groenste Munisipaliteit in die Wes-Kaap in 2015 verower. Die munisipale trokke bevat ʼn visuele boodskap van omgewings bewusmaking. Die trokke beweeg deur die hele Hessequa are en is hulle ideaal om `ʼn visuele boodskap aan die breër gemeenskap oor te dra.
Heidelberg, Stilbaai en Riversdal se trokke is tans op die pad en help om die bewusmaking van ʼn skoon en groen gemeenskap te bevorder. Albertinia en Gouritsmond se lorries word huidiglik oorweeg vir implementering van die nuwe ontwerp.

Die vennootskappe wat die munisipaliteit het met plaaslike instansies, skole en plaaslike regering help met die bewusmaking van omgewingssake. Hiermee word ʼn beroep op elke inwoner in die Hessequa gemeenskap gedoen om eienaarskap te neem van u eie omgewing en hande te neem met die munisipaliteit om ʼn GROEN industrie te skep.

Thank for your file upload