Waterbeperkings VLAK 3 vir RIVERSDAL
Vlak 3 beperkings is vanoggend (29/08/2019) tydens ‘n Uitvoerende Burgemeesterskomitee vergadering met onmiddellike effek ingestel vir Riversdal. Die beperkings behels die volgende:
1.1 Tuine mag net een keer per week tussen 17h00 en 19h00 natgemaak word en indien daar afgewyk wil word van die tyd, moet ‘n skriftelike versoek by die Tegniese Departement ingedien word. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
1.2 Slegs tuinslange mag gebruik word indien onder toesig, emmers en gieters mag ook gebruik word.
1.3 Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
1.4 Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n emmer gedoen word.
1.5 Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.