VERHURING VAN MUNISIPALE GEMEENSKAPSALE: OOPGESTEL VIR BESPREKINGS VANAF SONDAG 1 AUGUSTUS 2021

image_pdfimage_print

Ingevolge die aangepaste Vlak 3 – COVID-19 Regulasies soos op 25 Julie 2021 geproklameer kan die Munisipaliteit sy gemeenskapsale onderhewig aan sekere voorwaardes, beskikbaar stel vir verhuring.  Weens die hoë COVID-19 infeksie syfer binne ons streek, word die verhuring van Munisipale gemeenskapsale tot 31 Julie 2021 opgeskort ten einde die risiko van verdere verspreiding van die virus te voorkom. Diegene wie reeds een van die gemeenskapsale bespreek en daarvoor betaal het kan die Munisipale kantoor kontak ten einde die datum aan te pas of alternatiewelik te versoek om die huur bedrag terug te betaal, indien die bespreking deur die kennisgewing geraak word. Vir verdere inligting kan u die Eiendomsadministrasie kantoor kontak by 082 713 8022 of 028 713 7948. Die Gemeenskapsale word steeds beskikbaar gestel vir essensiële dienste soos byvoorbeeld die COVID-19 inentingsprogram.