Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Vakante poste

Die Menslike Hulpbronne Afdeling ontvang gereeld navrae rakende die prosedure rakende die vul van vakante poste. Hoe werk die prosedure?

Eerstens bepaal die pos- en die vaardigheidsvlak of die vakante pos deur wyse van ʼn interne of eksterne advertensie geadverteer word.
Die advertensie lys die posbeskrywing, vergoeding, minimum vereistes, pligte en sluitingsdatum. Na die afloop van die sluitingsdatum word al die aansoekvorms groepeer en word die aansoekers geïdentifiseer wat voldoen aan die minimum vereistes. ʼn Kortlys van aansoekers word opgestel in samewerking met die betrokke departement Bestuurders of Direkteur. Die aansoekers wat gekortlys is, word uitgenooi vir ʼn onderhoud en praktiese eksamen.

ʼn Paneel word saamgestel vir die evaluering van die aansoekers tydens die onderhoude. Die Paneel bestaan uit Menslike Hulpbronne personeel en twee of meer Direkteure/Bestuurders/Hoofde of gedelegeerde verteenwoordigers van die betrokke departement. Vakbondverteenwoordigers dien slegs as waarnemers tydens die onderhoude. Die puntetoekenning tydens die onderhoud en die praktiese toets prestasie van die kandidaat word gemeet aan ʼn standaard kriteria en word regverdig toegepas op elke potensiële kandidaat. ʼn Volledige ondersoek word uitgevoer vir elke kandidaat se verwysings, vorige werknemers en kriminele rekord.

ʼn Verslag word deur Menslike Hulpbronne saamgestel na die assessering van die kandidate en aan die Raad versend om vas te stel of die voorgestelde aanstelling in lyn is met die munisipaliteit se Gelyke Indiensnemings Plan. Indien ʼn suksesvolle kandidaat geïdentifiseer word, sal ʼn aanstellings aanbod voorgelê word.

Thank for your file upload