Hessequa groet Raadslid Tom Pretorius

image_pdfimage_print

Die Uitvoerende Burgemeester van Hessequa Munisipaliteit, Grant Riddles, het vandag met skok en hartseer gereageer tydens die skielike afsterwe van raadslid Tom Pretorius, Wyk Raadslid vir Wyk 4, Heidelberg. Burgemeester Riddles het sy meegevoel en simpatie aan die geliefdes van Raadslid Pretorius betoon namens die Hessequa Raad. “Raadslid Pretorius was ʼn voorstander in die Heidelberg gemeenskap. Hy sal onthou word vir sy gemeenskapswerk, sy betrokkenheid by plaaslike skole asook sy bydra tydens raadsittings. Raadslid Pretorius sal gemis word.”

Die munisipale bestuurder van Hessequa, mnr. Johan Jacobs, het namens Hessequa Munisipaliteit en amptenary sy medelye aan Raadslid Pretorius se vrou en familie betuig. “Ons waardeer elke raadslid vir hul bydrae tot diens van ons gemeenskappe en is die afsterwe van raadslid Pretorius ‘n groot verlies vir Heidelberg asook die wyer Hessequa streek.”