Na aanleiding van ‘n navraag wat ontvang is rakende water probleem te Waterkantstraat se strand op Stilbaai bevestig Hessequa Munisipaliteit dat die water wat op die strand by die Wes Strand uit loop is a.g.v. sugwater afkomstig van ‘n ondergrondse aar/fontein wat in die gebied teenwoordig is.
Die Munisipaliteit het by die parkeerarea by Skuitpadweg, ‘n waterpompstasie wat water uit dié aar/fontein onttrek vir huislike gebruik. Indien daar ‘n pypbreek of lek was, sou die water op een gekonsentreerde plek uitgekom het, wat nie in die geval gebeur het nie. Die sugwater dreineer by verskeie areas oor ‘n afstand van ± 250m.
Die areas waar die water dreineer wissel jaarliks omdat die hoogte van die strand se oppervlak deurlopend verander a.g.v. brander aksie en heersende winde.
Die groenigheid wat op die sand voorkom is alge wat vorm omdat die sugwater nie altyd dadelik kan wegloop na die see nie.
Graag versoek die munisipaliteit die gemeenskap of alle klagtes deur die offisiële kommunikasiekanaal direk by munisipalekantore te rapporteer of gebruik te maak van die info@hessequa.gov.za e-pos adres.