Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Stilbaai Water onderbrekings

‘n Koppelstuk op die pyp waaraan die pad kontrakteur gewerk het naby die brug oor die rivier, het vandag weer begin lek. Die kontrakteur sal om 17:00 met herstelwerk begin. Huidig word watertoevoer nie geaffekteer nie. Die herstelwerk sal ongeveer 5 tot 6 uur duur. Die munisipaliteit is hoopvol dat die herstelwerk voltooi sal wees voordat die watervooraad te laag daal. Laer waterdruk mag moontlik ervaar word. Indien die kontrakteur nie daarin slaag om watertoevoer betyds te herstel nie, sal watertrokke gebruik word om water aan te ry.

Thank for your file upload