Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Stilbaai veldbrand aan weste kant 90% onder beheer

Brandbestryders veg steeds die veldbrand wat op Sondag, 15 Januarie 2017 tussen Stilbaai en Riversdal ontstaan het. Brandweerpersoneel van Hessequa munisipaliteit, Eden Distriksmunisipaliteit, Working on Fire, Mosselbaai en George munisipaliteit is tans op toneel en word ondersteun deur drie helikopters en lugbystand. Tans werk 60 Working on Fire in skofte op grondvlak en 20 brandweermanne deur die nag. Hoof van Hessequa Beskermingsdienste, Adneshel Voss bevestig dat 90% van die vuur aan die Westekant onder beheer is en is hulle optimisties om die vuur vandag te wen. Brandbestryders se fokus is vandag op die Oostekant van die vuur, nadat die vuur wat gisteraand oor die N2 in Albertinia se rigting gespring het, gestop is.

Die kleiner vure wat gister in die Hessequa omgewing ontstaan het is almal geblus en hou geen gevaar in nie.

Die N2 in Albertinia se rigting asook die R305 (Stilbaaipad) is heropen en is Verkeerpersoneel, SAPD asook nooddienste op die N2 gestasioneer om verkeer te monitor. Motoriste word versoek om spoed te verminder en ook nie te stop nie.

Bevestiging is vandag ontvang dat 9 strukture beskadig is asook die verlies van vee, skape en springbokke wat in die slag gebly het. 5 Brandbestryders en een lid van die gemeenskap is behandel vir rookinaseming. Geen lewensverlies is aangemeld nie.

ʼn Beheerpunt te die Resiesbaan langs die N2, in Albertinia se rigting, is in plek geplaas waar enige donasies of skenking vir die brandbestryders afgelaai kan word. ʼn Versoek vir die skenking van enige drinkwater, ys, oogdruppels, koeldrank en sjokolade is ontvang van die brandbestryders. Donasies kan ook by die Beheerkamer te Riversdal of munisipale kantore te Stilbaai en Riversdal afgelaai word.

Eskom het bevestig dat weens strukture en pale wat beskadig is, word Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein omgewing se kragtoevoer vir ongeveer 10ure onderbreek word. Kragonderbreking belemmer die water toevoer na reservoir, wat tans op 50% staan en moet watergebruik asseblief beperk word tot slegs menslike gebruik.

Enige ongemagtigde vure of die aansteek van vure in die omgewing sal krimineel vervolg word. Hoof van Hessequa Beskermingsdienste bevestig dat lugbystand deurlopend die gebied monitor en enige ongemagtigde vure sal rapporteer.

Hessequa munisipaliteit en alle rolspelers betrokke bedank die gemeenskap vir die kos, water en bystand wat al aan die nooddienstepersoneel tot dusver verleen is. Die gemeenskap se ondersteuning en bydra word op die hoogste vlak waardeer.

Thank for your file upload