16 November 2018
Die parte wat benodig word vir die herstel van die waterlyn, word beoog om teen vanmiddag in Stilbaai aan te land. Twee waterlorries is beskikbaar gestel deur die munisipaliteit om die Platbos-area van water te voorsien. Die munisipaliteit bied verskoning aan vir die ongerief, maar verseker die Stilbaai gemeenskap dat die herstelwerk van die waterlyn-breek prioriteit is en word alle nodige stappe geneem om die breek so spoedig moontlik te herstel.
_______________________________________________________________________
The fittings needed for the waterline repair are scheduled to arrive in Stilbaai this afternoon. Two water tanks have been made available by the municipality, to provide the Platbos area with water. The municipality apologizes for the inconvenience, but would like to ensure the Stilbaai community that the waterline breakdown is a priority and all necessary steps are being taken to restore the break as soon as possible.
15 November 2018
Die hoof waterlyn te Stilbaai by die brug het gebreek. Op hierdie stadium is daar geen watertoevoer na die Oostekant van Stilbaai nie. Departement Tegniese Dienste is besig om dringend aandag aan die probleem te gee.
_______________________________________________________________________
The main water line, located at Stilbaai bridge has broken. At this stage there is no water supply to the Eastern side of Stilbaai. The urgent situation is receiving the necessary attention by the Department of Technical Services.