Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

Slangrivier Kleinboere Omheiningsprojek

Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, in samewerking met Provinsiale Departement Landbou en Hessequa Munisipaliteit het hande gevat met Slangrivier Kleinboere om befondsing te bekom vir ʼn veesuipingstelsel en omheiningsprojek.

Hessequa Munisipaliteit dien as koördineerder tussen Slangrivier kleinboere en Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en die Provinsiale Departement Landbou. ʼn Befondsingsaansoek is ingedien by die Landelike Ekonomiese Infrastruktuur Afdeling van die Departement vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming met die doel om befondsing te bekom vir die opgradering van die veesuipingstelsel en die voorsienning van nuwe omheining aan die Slangrivier kleinboere se meentgrond.

Die veesuipingstelsel sal water opberg en water lei na die punt van verbruik. Die vervanging van die huidige omheining sal die kontrole van die vee, hul beweging en weiveld tussen die gemerkte terreine vergemaklik vir die kleinboere. In totaal van 18km draad sal vervang word op die buitegrense van die meentgronde.

Die projek is in 2014/2015 finansiële jaar deur die Departement goedgekeur en is befondsing van R1.2 miljoen bewillig vir die implementering in 2016.

Die behoefte van die kleinboere is vasgestel deur die gemeenskap en kleinboere, waarna Hessequa Munisipaliteit die aansoek vir befondsing geplaas het by Departement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, waarna die projek geëvalueer en goedgekeur is.
Departement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het ʼn tender proses gevolg om die aanstelling van die kontrakteur regverdig te behartig.

Die terrein oorhandiging vergadering het op 04 Februarie 2016 geskied tussen die aangestelde kontrakteur, Hessequa Munisipaliteit, kleinboere verteenwoordigers, Departement Landbou en Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.  

Hessequa Munisipaliteit sal behulpsaam wees aan die kontrakteur met die aanstellingsproses van tydelike werkers vir hierdie projek. Die kriteria waaraan tydelike werkers moet voldoen sal deur die kontrakteur opgestel word en sal die munisipaliteit die nodige proses volg om tydelike werkers op ʼn gelyke en regverdige manier aan te stel vir die verloop van die projek.

Die munisipaliteit maak gebruik van ʼn “Shake-Shake” stelsel vir die aanstelling van tydelike werkers.
Die doel van die stelsel is om werklose lede van die gemeenskap die geleentheid te bied om as tydelike werkers aangestel te word, deur middel van ʼn gelukkige trekking.

Lede van die Slangrivier gemeenskap sal in kennis gestel word van die beskikbaarheid van tydelike posisies via advertensies in die plaaslike koerant en kennisgewingborde. Alle kandidate word versoek om die gelukstrekking op ‘n voorafbepaalde datum, tyd en plek by te woon. Tydens die openbare vergadering word lede gevra om hul besonderhede in te vul op ʼn dokument en word die voltooide vorm in ‘n leë houer geplaas. Die voorafbepaalde hoeveelheid name word uit die houer getrek en word diegene die geleentheid gegee om aangestel te word as tydelike werkers.

Die projek sal ongeveer drie maande duur en beoog die kontrakteur om die projek teen middel April 2016 te voltooi. Hierdie projek is ʼn wonderlike voorbeeld van vennootskap en samewerking tussen plaaslike regering, provinsiaal en nasionaal. Die munisipaliteit is verbind tot die bevordering van intraregeringsamewerking en die bevordering van alle gemeenskappe.

IMG_0105 IMG_0109 IMG_0123 IMG_0124 IMG_0125 IMG_0127 IMG_0128

Thank for your file upload