Ingevolge die instruksie uitgereik kragtens Nasionale Tesourie MFMA Omsendskrywe No 81, sal Munisipaliteite vanaf 01 Julie 2016 verplig wees om die Sentrale Verskaffers Databasis (SVD) te gebruik as hulle amptelike lys van geakkrediteerde voornemende verskaffers wanneer goedere en dienste aangekoop word. Hierdie kennisgewing dien om alle huidige en voornemende verskaffers aan Hessequa Munisipaliteit in kennis te stel dat die munisipaliteit van die SVD gebruik maak en om hulle inligting op te dateer of om te register op die SVD.
Gedurende die 2015 begrotingstoespraak, het die Minister van Finansies die ontwikkeling en toekomstige gebruik van die SVD aangekondig om die proses van handel dryf met die staat te vereenvoudig. Dus sal die SVD as die bron van alle verskaffer inligting dien vir staatsorgane. Die doelwitte van die SVD is om die ruil van nakomings dokumente in papier formaat te verminder, verskeie registrasies met verskillende staatsorgane te elimineer, en om uiteindelik die koste vir beide besighede en die regering te verminder deur elektroniese registrasie en verifikasie proses.
Die SVD integreer met die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om belastinguitklarings sertifikate te verifieer, sowel as met die Maatskappye en Intellektuele Eiendom Kommissie (MIEK) vir die verifikasie van besigheid registrasie en besigheid eienaarskap inligting. Die SVD verifieer ook verskaffer informasie met die register van tender wanbetalers en die databasis van beperkte verskaffers.
Aangesien die SVD ‘n self-diens portaal is, sal voornemende verskaffers hulle self moet registreer op die SVD webblad by www.csd.gov.za .
Neem asseblief kennis dat REGISTRASIE SAL VERPLIGTEND WEES OM BESIGHEID MET HESSEQUA MUNISIPALITEIT TE DOEN. Die databasis sal gebruik word om die akkreditasie van ‘n verskaffer te verifieer voordat kwotasies bekom en toekennings gemaak kan word.
Rig asseblief navrae aan die Hessequa Munisipale SCM Kantore by Tel: 028 713 7801. E-pos navrae moet asb. aan wilmari@hessequa.gov.za of marese@hessequa.gov.za gestuur word.
Die Nasionale Tesourie kan gekontak word by Tel: 021 400 1045 of e-pos csd@treasury.gov.za