Die Hessequa Munisipaliteit doen ʼn ernstige beroep op inwoners en besoekers om gehoor te gee aan die Vlak 3 Waterbeperkings wat tans in plek is vir die hele Hessequa streek.
HIERMEE WORD KENNIS GEGEE DAT DIE NIENAKOMING VAN VLAK 3 WATERBEPERKINGS SAL LEI TOT VERDERE STAPPE DEUR DIE MUNISIPALITEIT.
INWONERS EN BESOEKERS KAN DIE MISBRUIK VAN WATER RAPPORTEER BY TEL: 028 713 7917.
Indien u verkies om anoniem te bly, hoef u nie u naam of enige inligting wat dalk gebruik kan word om u te identifiseer te verskaf nie.
VLAK 3 WATERBEPERKINGS BEHELS:
- Tuine mag slegs twee keer per week natgemaak word tussen 18h00 en 19h00
- GELYKE straatnommers op Maandae en Donderdae en die
- ONGELYKE straatnommers op Dinsdae en Vrydae.
- Tuinslange mag slegs ONDER TOESIG gebruik word.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word VERBIED.
- Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n EMMER gedoen word.
- Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui
Die waterbeperkings is deel van die munisipaliteit se proaktiewe droogtebestuur-ingrypings om water verbruik te verminder. Alle inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik.