POLITIEKE PARTYE IN HESSEQUA ONDERTEKEN OVK VERKIESINGSGEDRAGSKODE

image_pdfimage_print

Leiers van onderskeie politieke partye in Hessequa het op 1 Julie 2016 vergader in die munisipale Raadsaal om die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se verkiesingsgedragkode te onderteken en het onderneem om by die reëls van die gedragskode te hou.

Politieke partye het onderneem om te hou by die Verkiesingskommissie kode by die amptelike ondertekening van die verkiesings dokument. Hulle politieke gesag mag verskil, maar vir die ondertekening van die verbintenis steun hulle ʼn soortgelyke boodskap.

Politieke partye het hul verbind om nie geweld aan te hits nie, om kiesers te respekteer en om te hou by die verkiesingswet.

Verteenwoordigers van die DA, ANC, VF Plus, ICOSA en twee van die onafhanklike kandidate het hul partye verbind tot die volgende:

  1. Om hul partye te lei in ‘n wyse wat ‘n kultuur van verdraagsaamheid uitleef teenoor alle ander partye wat aan die verkiesing deelneem;
  2. Om effektiewe raad en advies aan alle kandidate op hul partylyste te verskaf sodat elke kandidaat op sy/haar beurt ‘n boodskap van maksimum toleransie sal propageer; en
  3. Om hul te weerhou om deur spraak of deelname aan aksies wat die algemene publiek, dade van onverdraagsaamheid sal pleeg of opruiende aksies tot gevolg sal hê.