Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

PLAASLIKE STUDENTE ONTVANG WERKSGELEENTHEDE BY MUNISIPALITEIT

Hessequa Munisipaliteit het tans 9 studente wat, as deel van hul studies, moet werk in ‘n geskikte omgewing om behoorlike blootstelling in hul beroepsvelde te verkry.

Gedurende 2015 het die Local Government Sector of Education & Training Authority (LGSeta) ‘n program genoem “Discretionary Grant 2015/16 Window 2  Application” geloods. Hessequa Munisipaliteit het aansoek gedoen vir befondsing en in Desember 2015 het die munisipaliteit die nodige toekenningsbrief ontvang.

Die Munisipaliteit bied hierdie studente ‘n geleentheid aan om 18 maande praktiese ondervinding op te doen onder die leiding van mentors. Die aangewysde mentors word versoek om kwartaallikse vorderingsverslae in te dien om sodoende die vordering van die studente te kontroleer.

Studente ontvang ‘n maandelikse toelae wat befonds word deur die Plaaslike Owerheid se Opleidingsfonds.

Die program hou groot potensiaal in en bied voordele vir beide die studente en die munisipaliteit.  Die studente bied ondersteuning aan bestaande bedrywighede van die Munisipale prosesse en word die studente voorsien van praktiese opleiding en vaardigheidsontwikkeling geleenthede.

Na afloop van die 18 maande periode is studente in ‘n posisie om aansoek te doen vir hul N6 Diploma. Hul doen ook 18 maande se waardevolle praktiese ondervinding op wat deel van hul Curriculum Vitae vorm. Mentors kan ook genader word om te getuig van hul werk wat voordelig is wanneer hul aansoek doen vir toekomstige poste.

Voordele vir die Munisipaliteit is dat Munisipale amptenare ‘n geleentheid gegee word om mentors te wees vir die jeug.  Die studente kan ook werkslas verlig deur die take wat hul verrig en sodoende dienslewering aan die publiek beïnvloed.

Die studente het in verskeie velde studeer en is daarvolgens by departemente ingedeel.

Daar is ‘n totaal van 9 interns wat in die volgende departement geplaas is:

Behuising                                        –              2 Interns

Tegniese Dienste Albertinia        –              1 Intern

Tegniese Dienste Riversdal          –             1 Intern

Inligtingstegnologie                        –             2 Interns

Menslike Hulpbronne                    –             1 Intern

Eiendomsbestuur                            –             1 Intern

Toerisme                                            –             1 Intern

Thank for your file upload