Die afvuur van vuurwerke in die Hessequa-streek word slegs op Oujaarsaand tussen 23:00 en 00:30 by goedgekeurde persele toegelaat.
Geen vuurwerke sal toegelaat word by Gouritsmond en Jongensfontein nie.
Die loslaat van Chinese lanterns word totaal verbied word in terme van die toepaslike wetgewing.
Riversdal – Riversdal rugbyveld en Riverville stadion.
Stilbaai – Hawe vanaf die wit hekke in ‘n oostelike rigting, ingesluit die sandstrand area, Lappiesbaai vanaf die restaurant tot by die riviermond, Blouvlagstrand area uitgesluit.
Melkhoutfontein – Speelpark in Ericalaan.
Albertinia – “Die Braak”. (Oos van Hornstraat en die sportvelde)
Heidelberg – Heidelberg rugbyveld.
Slangrivier – Sportgronde.
Witsand – Parkeerarea by Anchorage Restaurant.
Persone wie vuurwerke afvuur op ‘n nie-goedgekeurde perseel, sal beboet word met R1 000 soos per die betrokke wetgewing. Die afvuur van vuurwerk sal noukeurig deur die Verkeersdepartement gepolisieër word.