Die walvis inligtingsbord bevat inligting oor die Suidelike Noordkapper Walvis en vervang die verweerde vorige bord by die Uitkykpunt Stilbaai. Die inligtingsbord; soortgelyk aan inligtingsborde by Hermanus is ontwerp deur Noel en Belinda Ashton, bekende kunstenaars van Noordhoek, Kaapstad (http://www.neolashton.com/legacy-projects/oceans-of-africa-initative/).
Die Stilbaai Belangeforum het die IFAW ( International Fund for Animal Welfare) gekontak vir die borg van die inligtingsbord van die Suidelike Noordkapper Walvis. Dank is verskuldig aan Christina Pretoruis van die IFAW kantoor wie die skenking moontlik gemaak het. Stilbaai Belangeforum, met die ondersteuning van Hessequa Munisipaliteit het verseker dat die bord veilig vanaf Kaapstad na Stilbaai vervoer word en het ook die bord geinstalleer met hulp van personeel van die Tegniese departement van Hessequa Munisipaliteit.
Die plasing van die nuwe bord sal voorkom dat dit maklik deur die son verbleik word en maak dit nou deel van ‘n inligtingshoek.
Die vervanging van die inligtingsbord dra by tot die vervraaiing van die Walvis Uitkykpunt deur Naomi van Schalkwyk met ruim bydraes van die Harris familie van Skuitpadweg wat opgradering moontlik gemaak het.
Die Munisipale Bestuurder, mnr Johan Jacobs het die Stilbaai Belangefroum bedank vir die wonderlike gebaar en verbintenis om die gemeenskap en omgewing te verbeter tot voordeel van inwoners en besoekers.
Die inligtingsbord is amptelik in ontvangs geneem deur die Uitvoerende Burgemeester Grant Riddels wie namens die Munisipaliteit sy waardering vir hierdie inisiatief uitgespreek het.