Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

NUWE BESTUURSLISENSIE TOESTSENTRUM VIR ALBERTINIA

Die gemeenskap van Albertinia kan uitsien na ‘n bestuurslisensie-toetssentrum vanaf 01 Maart 2018. ʼn Behoefte aan ʼn toetssentrum is deur Hessequa Munisipaliteit geïdentifiseer en is ʼn aansoek ingedien by die Provinsiale asook die Nasionale Departement Van Vervoer en Openbare Werke. Die munisipaliteit se aansoek is in November 2017 goedgekeur deur die Wes-Kaapse Minister van Vervoer en Openbare Werke en is die registrasie sertifikaat uitgereik.

Die toetssentrum sal geleë wees te Hoofstraat 60, Albertinia.

Die sentrum sal amptelik op Donderdag, 01 Maart 2018 open en die volgende dienste lewer aan die gemeenskap:

  • Hernuwing van bestuurslisensie
  • Hernuwing van Professionele Bestuurpermitte (PDP)
  • Aflê van leerlinglisensie
  • Uitreiking van duplikaat bestuurslisensies
  • Uitrekking van duplikaat leerlinglisensies

Die volgende diens sal slegs op MAANDAE beskikbaar wees:

  • Skryf van leerlinglisensies vanaf 08h00 – 10h00
  • Hernuwings van bestuurslisensies/professionele bestuurspermitte vanaf 10h00 – 13h00 en 13h30 – 15h00.

Die uitgebreide diens is deel van Hessequa Munisipaliteit se visie en strategiese doelwitte om doeltreffende en kwaliteit dienslewering aan alle inwoners te lewer.

Indien daar enige navrae is, kontak Hessequa Munisipaliteit Beskermings Dienste by 028 713 7817.

 

 

Thank for your file upload