Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

N2 Verwelkomingsprojek

Die gebruiklike N2 Verwelkomingsprojek is op 15 Desember 2017 te Riversdal aangebied deur Hessequa Munisipaliteit se Beskermingsdienste departement en Toerisme afdeling in samewerking met Interkaap, Provinsiale Verkeer, Brandweerdienste, Working on Fire, Ambulansdienste (EMS) en Rampbestuur.

Motoriste het ʼn verwelkomingspakkie ontvang vanaf die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles en Speaker, Andrew Stroebel. Die uitdeelpakkies het vrugtesap, inligtingsbrosjures oor padveiligheid en brande, noodnommers, inligting rakende die Hessequa-streek, verwelkomingsboodskap, vermaak vir die kinders, plaaslike vervaardigde produkte en vele meer bevat.

Burgemeester Riddles noem dat dit belangrik is om motoriste op padveiligheid uit te wys en op ‘n vriendelike en ontvanklike manier ‘n padblokkade te behartig waar bestuurderslisensies, motorlisensieskyfies en padwaardigheid van motors nagegaan word.

Bestuurder Beskermingsdienste, Mnr. Adneshel Voss noem dat oortredings tydens die feesseisoen word baie ernstig opgevat en sal roekelose en nalatige bestuurders nie geduld word in Hessequa nie. Die grootste gevaar tans op die pad, is bestuurders se gebruik van selfone. Die tik van ʼn boodskap of whatsapps terwyl bestuur word kan lei tot lewensverlies. Plaas u en ander motoriste se veiligheid eerste en verseker te alle tye dat veiligheidsgordels vas is, veral passasiers op die agterste sitplekke. Die boodskap wat Beskermingsdienste vandag tydens die verwelkomingsprojek wil oordra is dat lewens belangriker is as nalatigheid of onnodige roekeloosheid.

Hessequa se Beskermingsdienste versoek dat mense gedurende die feestyd verdraagsaam moet wees en hul vakansie moet geniet. Indien u uself in enige lewensbedreigende situasie binne die Hessequa-streek bevind bv. ʼn huisbrand, ‘n motorongeluk of op een afkom, moet u asb. die noodnommer skakel 028 713 22 22.  Die noodnommer word 24uur beman en sal die nodige nooddienste ontbied word.

Hessequa Beskermingsdienste wens al ons vakansiegangers en plaaslike gemeenskap ‘n veilige vakansie en reis toe. GOD se rykste seën oor almal.

Thank for your file upload