Hessequa Munisipaliteit het twee NSRI reddingsboeie befonds en sal die boeie op strategiese plekke geplaas word om te help in die voorkoming van moontlike verdrinking.
Die reddingsboeie dien as ʼn flotasie hulpmiddel om ‘n drenkeling bo die water te hou en kan deur lede van die gemeenskap gebruik word om te help met moontlik reddings.
Die reddingsboeie is pienk van kleur en is hierdie kleur gekies oor dit die mees sigbaarste is in die water asook uniek is tot die NSRI.
Theo Erasmus, Stasiebevelvoerder van NSRI het die reddingsboeie op 17 Januarie 2018 oorhandig aan die Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles, Onder-Burgemeester Johannes Hartnick en Speaker Andrew Stroebel.
Die boeie sal op ʼn bord gemonteer word met die nodige noodnommers vir die Hessequa munisipale area.
