MUNISIPALE TELEFOONSTELSEL

image_pdfimage_print

Hessequa Munisipaliteit het ‘n nuwe telefoonstelsel aangekoop en daar is ongelukkig nog ‘n paar implementerings pyne wat nog nie 100% uitgepluis kon word nie. Die munisipaliteit is bewus van die probleme wat ondervind word en geniet die kwessie die nodige aandag. ʼn Werkbare oplossing sal so spoedige moontlik geimplementeer word.

Opregte verskoning word aangebied vir die sub-standaard diens wat tans ten opsigte van hierdie kommunikasie stelsel deur die munisipaliteit gelewer word.

Die munisipaliteit is steeds daartoe verbind en streef daarna om die hoogste kwaliteit diens aan die gemeenskap te lewer.

Verskeie diensverskaffers werk tans om ʼn gesamentlike korttermyn asook langtermyn oplossings te vind.

Rapporteer noodgevalle (brande, reddings en ongelukke) aan tel: 028 713 2222. Alle navrae kan gerig word aan info@hessequa.gov.za .

By voorbaat dankie vir u geduld en begrip in hierdie verband.