Wes-Kaapse Minister van Sport en Kultuursake Me. Anroux Marais het die oorhandiging van ses saaktafeltjies aan die Riversdal Biblioteek behartig op 4 Julie 2016. Die terhandstelling van die skaaktafels is gebaseer op ‘n vennootskap tussen die Departement van Sport en Kultuursake wat die projek befonds en die Departement van Korrektiewe Dienste wat die skaaktafels vervaardig.
Dr Ivan Meyer, die huidige Minister van Finansies in die Wes-Kaap het ʼn belofte aan Riversdal biblioteek gemaak om hul van addisionele skaakstelle te voorsien en koördineer Minister Marais hierdie vennootskap met die Departement Korrektiewe Dienste. Die Drakenstein-gevangenis in die Paarl het ‘n groot werkswinkel waar gevangenes behulpsaam is met die maak van die tafels.
Minister Anroux Marais noem dat deur skaak in die Provinsie te bevorder, stel dit skoolkinders in staat om:
– ʼn skuif te maak in hul daaglikse lewe,
– die effek van ʼn skuif op hul lewens in ag te neem,
– die gevolge van ʼn skuif te aanvaar,
– persoonlike verantwoordelikheid te neem vir besluite en
– hul wiskunde- en wetenskapvaardighede te verbeter.
Riversdal Thusong Sentrum en Hessequa Munisipaliteit se Sosiale Afdeling koördineer minstens twee skaakkompetisies per jaar. Die groeiend skaak-gees in Hessequa is aansteeklik onder die jeug en word dit hartlik aangemoedig en ondersteun deur die munisipaliteit.