Plaaslike laerskole van Riversdal het hulle klereontwerp talente na vore gebring op Vrydag, 3 Junie 2016 by die Thusong Dienssentrum tydens ʼn herwinbare afvalmateriaal modevertoning.
Die herwinnings kompetisie is georganiseer deur Hessequa munisipaliteit in samewerking met verskeie belanghebbendes onder andere Departement van Omgewingsake, Provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelings Beplanning asook Tedcor Customised Waste Management.
Kruisrivier, Panorama, Voorwaarts en Molenrivier Primêre laerskole het deelgeneem aan die herwinningskompetisie. Elke skool is toegelaat om ʼn maksimum van tien leerders aan die modevertoning laat deelneem en een gesamentlike herwinnings model indien vir beoordeling. Die doel van die kompetisie is om te kyk wie die beste kledingstuk uit afval materiaal kan skep. Kontak pryse en geskenkbewyse is toegeken aan die top drie deelnemers asook die skool wat die innoverendste model uit afvalmateriaal saamstel.
Uitvoerende Burgemeester, raadslid Emor Nel het die verrigting geopen deur ʼn motiveringspaartjie oor herwinning en die belangrikheid van ʼn gesonde omgewing te lewer. Me. Khuthala Swanepoel van Provinsiale Omgewingsake en Ontwikkelings Beplanning het die belangrikheid van “Re-use, Reduce, Recycle” oorgedra in haar toespraak. Omgewingsopvoeding is ʼn proses wat individue toelaat om twispunte rakende die omgewing te verken en meer daar oor te leer. Die resultaat het tot gevolg dat individue ʼn dieper kennis ontwikkel van omgewings twispunte, asook vaardighede om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem. Omgewings opvoeding genereer groter bewusmaking by individue en gemeenskappe, deurdat hulle natuurlikehulpbronne respekteer en dit gebruik en ter selfde tyd te bewaar.
Onderskeie media vorms word geïmplementeer om gemeenskappe bewus te maak van omgewings kwessies. Skole vervaardig tone afval daagliks van papier, rekenaars tot kos en boeke. Deur te leer hoe om jou afval op die regte manier te hanteer en te herwin het leerders nie net ʼn geleentheid om ʼn groot invloed op die toekoms van hul skool te hê nie, maar ook op die omgewing. Die vermindering en herwinning van afval kan die verwyderings kostes van afval drasties verlaag. Deur herwinbare items te verkoop kan skole ʼn bykomende inkomste genereer. Daarbenewens kan leerders ʼn deelname hê in die gemeenskap op die dae wat afval verwyder word.
Baie geluk aan die top drie leerlinge van die herwinbare afvalmateriaal kompetisie wat skoonheid geskep het deur herwinning van afvalmateriaal.
- Lisanda Ngakane – Panorama Primêr
- Anthony Michaels – Kruisrivier Primer
- Dechecia Frans – Voorwaarts Primêr
Skole het as geheel ook pryse ontvang vir hulle onderskeie struktuur ontwerpe van herwinbare materiaal.
- Kruisrivier Primêr – R5 000
- Voorwaarts Primêr – R3 000
- Molenrivier/Panorama Primêr – elke skool ontvang R1 000
[foogallery id=”2189″]