Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Konsep Geintegreerde Hessequa Skemaregulasies

Die konsep Geïntegreerde Hessequa Skemaregulasies is vir 60 dae, vanaf 1 Februarie tot einde Maart 2018, vir publieke kommentaar en insette geadverteer. Voorgestelde sonering, kaarte en eiendomsbeskrywing vir alle eiendomme is beskikbaar vir besigtiging by die onderskeie munisipale kantore vanaf 5 Maart 2018 tot einde Maart 2018. Die publiek word genooi om insette en kommentaar met betrekking tot die regulasies, skriftelik voor te lê en in te dien teen nie later as Vrydag, 30 Maart 2018 om 12H00. ‘n Verdere verlenging word toegestaan tot Vrydag 20 April 2018 vir kommentaar.

Bepaalde kommentaarvorms sal beskikbaar wees by die onderskeie munisipale kantore en moet alle skriftelike kommentaar in die kommentaarvorm vervat word. Gemeenskapslede word versoek om die voltooide kommentaarvorms in die diensooreenkomstige geallokeerde boks te plaas by die onderskeie munisipale kantore.

Navrae kan gerig word aan Mnr Paul Louw by (028) 713 8000.

Persone wat nie kan lees of skryf nie word versoek om gedurende normale kantoorure die munisipale kantoor op Riversdal te besoek, waar u bygestaan sal word om u kommentaar op skrif te stel.

Thank for your file upload