Hessequa Munisipaliteit beplan ‘n kommunikasie opname in die gemeenskap vir die volgende twee weke. Die doel van die opname is om die gemeenskap se tevredenheid t.o.v. munisipale kommunikasie vas te stel en moontlike kommunikasie medium te identifiseer vir verdere ontwikkeling.
‘n Kommunikasie Opname is een van die inisiatiewe wat deur die Raad geïdentifiseer is om te verseker dat Batho Pele beginsels toegepas word. Gelei deur die Munisipale Stelselswet, 55 (1): Die ontwikkeling en instandhouding van ‘n stelsel waardeur die tevredenheid van die gemeenskap met munisipale dienste vasgestel kan word.
Die opname is gebaseer op ‘n steekproefbasis en benodig die munisipaliteit die gemeenskap se samewerking om die kort vraelys te voltooi.
Die vraelys bestaan uit 11 kort vrae en behoort nie langer as 3 minute te neem om te voltooi nie. Geen persoonlike inligting word versoek en gedokumenteer nie.
Vraelyste sal by munisipale kantore en biblioteke beskikbaar wees vir voltooiing. Plaas asb. u voltooide vraagstuk in die geallokeerde bokse.
Vind die vraelys hier onder en stuur terug aan susan@hessequa.gov.za
Die kommunikasie Opname sal strek vanaf 13 April tot 24 April 2017.