WATERBEPERKINGS IN HESSEQUA GEBIED
VLAK 2 beperkings word gehandhaaf vir die hele Hessequa gebied met die volgende aanpassings:
- Tuine mag net twee keer per week natgemaak word, waar-van die gelyke straat-nommers op Maandae en Donderdae en die ongelyke straatnommers op Dinsdae en Vrydae natgemaak mag word tussen 16h00 en 18h00.
- Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiing-stelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied uitsluitend dak oppervlaktes en mure van wonings.
- Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n emmer gedoen word.
- Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.
- Vergunnings sal oorweeg word vir byvoorbeeld ouetehuise.
- Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ad-hoc basis bestuur word deur Administrasie.
- Dit vervang vorige beperkings en is geldig vir die hele Hessequa gebied
Die situasie in die verskeie dorpe word gemonitor en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.