1

KENNISGEWING VAN SLUITING VAN MUNISIPALE SPORTFASILITEITE, GEMEENSKAPSALE, BIBLIOTEKE EN MUSEUMS

Hiermee geskied kennis dat alle munisipale sportfasiliteite, gemeenskapsale, biblioteke en museums weens die toename in Covid-19 infeksies in die land met effek 28 Junie 2021 tot 11 Julie 2021 vir die publiek gesluit word. Hierdie sluit die sportfasiliteite uit wat deur die onderskeie sportklubs of organisasies soos gholf, tennis, rolbal en jukskei op ‘n langtermyn basis gehuur word.
Alle bestaande besprekings word dus met onmiddellike effek gekanselleer. Huurders se huur- en deposito geld sal ten volle terugbetaal word.
Hierdie is in die beste belang van die gemeenskap as geheel en word almal aangemoedig om voorkomend op te tree om sodoende die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk.