Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Kampplek aansoekprosedure vir Desember 2018

Kampeerders! Maak vroegtydig jou bespreking vir 2018!

Belangrike inligting rakende die kampplek aansoekprosedure vir Desember 2018.

  • Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2018.
  • Aansoekvorms is beskikbaar by die Karavaanpark of op die munisipale webtuiste hessequa.gov.za
  • Die bevestigingskrywes sal in die eerste week van Julie 2018 aan u gestuur word.
  • Die deposito (50% van die totale kampgelde) is betaalbaar teen 31 Augustus 2018 en die balans teen 31 Oktober 2018, behalwe by Preekstoel en Witsand Middelkamp waar die balans betaal moet word teen 15 November 2018.

Die Raad het reeds die tariewe vir die 2018/2019 (1 Julie 2018 – 30 Junie 2019) finansiële jaar goedgekeur. Diegene wat dit sal verkies om hul bevestigingskrywe reeds voor 31 Januarie 2018 te ontvang moet dit so aandui op hul aansoekvorm en moet daar aan die volgende vereistes voldoen word om die opsie uit te oefen:

  • U moet vir dieselfde staanplek aansoek doen as waarop u in Desember 2017 gestaan het, vir die minimum voorgeskrewe nagte.
  • Die hoeveelheid nagte waarvoor u aansoek doen mag nie minder wees as die minimum aantal nagte nie. (Preekstoel en Witsand Middelkamp – 14 nagte, Gouritsmond en Witsand Wes Kamp – 17 nagte, Ellensrust – 18 nagte en Jongensfontein – 21 nagte)
  • Die deposito moet betaal word voor 28 Februarie 2018 en die balans is betaalbaar teen 31 Oktober 2018, behalwe by Preekstoel en Witsand Middelkamp waar die balans betaal moet word teen 15 November 2018.

Diegene wat nie gebruik maak van die opsie nie, se aansoek sal volgens die normale prosedure hanteer word.

Sien onderstaande aansoekvorm:

Kampplek aansoevorm 2017/2018

Thank for your file upload