Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Honde op Strande

Honde word dit nie toegelaat op strande in die Hessequa-gebied waar geswem word nie, ongeag of die betrokke strand Blouvlagstatus het of nie.

Eienaars mag wel op openbare plekke, wat afgeleë strande en wandelpaaie insluit met honde stap, maar hul moet aan ‘n leiband wees asook onder direkte beheer van die eienaar. ‘n Sakkie vir uitwerpsel moet op aanvraag getoon word.

Die Hessequa Munisipaliteit doen ‘n beroep op die publiek om respek teenoor mekaar te betoon en die regulasies na te kom. Die status quo sal gehandhaaf word, naamlik die toepassing van die verordening wanneer klagtes ontvang word asook gevalle waar herhaaldelike oortredings van honde-eienaars voorkom. Hierdie tipe oortredings moet aan die wetstoepassers gerapporteer word en sal die nodige boetes uitgereik word.

Die tekort aan beskermingsdienste personeel is ʼn realiteit en dien hierdie beamptes ook as brandweerpersoneel. Die brandseisoen is op hande en word personeel versoek om onmiddellik beskikbaar te wees indien ʼn oproep vir ʼn brand inkom.

Die gemeenskap en besoekers word herinner aan die 24 uur Noodnommer vir die rapportering van brande, vloede en ongelukke in die Hessequa-streek. 028 713 2222.

Thank for your file upload