Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

Hessequa Skole Skaaktoernooi

HESSEQUA SKOLE SKAAKTOERNOOI 2017

190 Laer- en hoërskool leerders binne die Hessequa-streek het op 21 Oktober 2017 te Heidelberg deelgeneem aan die jaarlikse Hessequa Skole Skaaktoernooi. Die toernooi is aangebied deur die Hessequa Munisipaliteit se Departement: Gemeenskapsdienste in samewerking met die skaak koördineerders van de verskillende skole in die streek.

Wyksraadslid Jennifer Hartnick het die inisiatief ondersteun en het die kinders bemoedig deur te noem dat spel skaak, die begeerte by die speler wek om altyd beter en beter te doen.

Hessequa Munisipaliteit se Sosiale Ontwikkeling Program Koördineerder, Rosette Kathleen Mkize noem dat die spel is nie net om te geniet nie, maar dit stimuleer en ontwikkel die brein en is daar altyd iets nuuts wat geleer kan word.

Die bevordering van skaak in ons gemeenskap maak ʼn groot verskil in die kinders se dag tot dag bestaan en kan die fundamentele beginsels van skaak toegepas word in die kinders se groei en ontwikkeling. Die spel leer die kinders nie net hoe om hul brein te ontwikkel nie, maar hoe om probleme te analiseer, logiese denke te gebruik, dissipline te handhaaf, die vermoë om emosies te beheer asook die bevordering van selfbeheersing en bou van selfvertroue.

Die volgende leerders was as die beste drie spelers in die volgende ouderdomsgroepe aangewys en het met met die wissel trofee weggestap:

Onder 13

POSISIE LEERDER SKOOL
1STE PLEK Culshum September Oker Primêre Skool
2DE PLEK

Tamson October

 

Oker Primêre Skool
3DE PLEK

Theo Kleinhans

 

Slangrivier Primêre Skool
3DE PLEK Franco Jacobs Panorama Primêre Skool

 

Onder 20

POSISIE LEERDER SKOOL
1STE PLEK Dimitri Robertson Hoërskool Langenhoven
2DE PLEK

Leighton Witbooi

 

Gerrit Du Plessis Senior Sekondêre Skool
3DE PLEK Ethan Moses Gerrit Du Plessis Senior Sekondêre Skool

 

Thank for your file upload