Die hele land ondervind tans baie warm weer asook min tot geen reënval. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan natuurverskynsels soos El Nino, m.a.w. dit het ʼn direkte verband met klimaatsverandering/aardverwarming. Hessequa word ook hierdeur geraak soos byvoorbeeld langer tydperke van droogte; onvoorspelbare weerspatrone; ens.
Gedurende die afgelope twee jaar het Hessequa reeds waterbesparingsmaatreëls ingestel om watergebruikpatrone te verander, met groot sukses. A.g.v. die hoë temperatuur, baie besoekers en persone wat terugkeer na vakansie is die verbruik van water abnormaal hoog en word die watergebruike daagliks nagegaan en is maatreëls ingestel om konstante lewering te verseker. Die reën wat ons ontvang het, het wondere verrig maar die realiteit is dat die watergebruike hoër is as die lewering in seker dorpe. Die waterbesparingsmaatreëls is steeds in plek en het tot gevolg gehad dat inwoners en besoekers water sinvol aanwend.
Hessequa Munisipaliteit ondersteun inisiatiewe wat water opberg en vervoer na die geaffekteerde gebiede, maar versoek inwoners om hul eie reservoirvlakke in ag te neem. Die aankoop van water word aangemoedig vir verspreidings inisiatiewe om dus Hessequa se reservoirvlakke en die lewering van water aan die streek te bevoordeel. Gebruik water spaarsamig.
Reservoirvlakke:
Heidelberg – 100%
Witsand – 65%
Slangrivier – 85%
Albertinia – 44%
Gouritsmond – 95%
Riversdal – 89%
Garcia – 100%
Stilbaai – 58%
Jongensfontein – 80%
Melkhoutfontein – 50%