Korporatiewe dienste het die inisiatief geneem om as deel van Mandela Dag produkte in te samel vir die SAPD Traumakamer wat ook noue bande met die ACVV het en saamwerk om Trauma onder kinders te verlig. Daar was ook vanaf die Voorsieningskanaal departement asook sekere Tegniese departemente produkte ontvang wat op 1 Augustus aan verteenwoordigers van die Trauma kamer oorhandig is
Sagte speelgoed, seep, waslappies, tandeborsels-en tandepaste, ‘n ketel en bekers was onder andere van die produkte wat oorhandig is.
Baie dankie aan almal wie deel was van hierdie suksesvolle projek.
Direkteur Korporatief: Marina Griesel.