1

HESSEQUA BIBLIOTEEKDIENS: UITNEEM EN TERUGBRING VAN BIBLIOTEEKMATERIAAL: 28 Junie 2021 – 11 Julie 2021

In ‘n poging om ʼn tussentydse diens tydens die aangepaste Vlak 4-inperking (28 Junie – 11 Julie 2021) aan die gemeenskap te lewer, sal Hessequa Biblioteke ʼn afhaal- en opteldiens voorlopig vanaf 28 Junie tot 11 Julie 2021 verskaf.

AS GEBRUIKERS BIBLIOTEEKMATERIAAL WIL UITNEEM, MOET DIE VOLGENDE PROSEDURE GEVOLG WORD:

▪  Gebruikers kan die biblioteek met hul versoeke soos volg kontak:

– Telefonies:  Die biblioteek se kontaknommer is agterop elke gebruiker se biblioteekkaartjie of

– Stuur ‘n e-pos aan:  ursulao@hessequa.gov.za.

▪  Die volgende inligting word versoek wanneer biblioteke gekontak word:

– Gebruiker se naam en van,

– Biblioteekkaartjienommer wat op die voorkant van u biblioteekkaartjie verskyn en

– Die hoeveelheid en tipe biblioteekmateriaal wat benodig word.

▪  Versoeke moet die biblioteek daagliks (Saterdae uitgesluit) tussen 9h00 – 11h00 bereik.

▪  Enige versoeke na bogenoemde tyd ontvang, sal die volgende dag hanteer word.

▪  Biblioteekpersoneel sal die biblioteekmateriaal voorberei vir gebruikers en in plastieksakke verpak met die gebruiker se naam op die voorkant van die sak.

▪  Gebruikers kan hulle pakkies tussen 14h00 – 16h00 vanaf Maandag tot Vrydag by die ingang van die biblioteek afhaal.  Die deure sal gesluit wees en gebruiker moet asb. klop vir diens.

▪  Gebruikers moet hulle lidmaatskapkaartjie toon.

▪  Biblioteekmateriaal kan tussen 14h00 – 16h00 Maandag tot Vrydag teruggebring word.

▪  Gebruikers is welkom om vooraf op die aanlyn katalogus-databasis boeke te soek. (https://www.westerncape.gov.za/general-publication/western-cape-government-online-library-catalogue)

VERLENGING VAN BIBLIOTEEKMATERIAAL:

▪  Biblioteekmateriaal wat reeds aan gebruikers uitgeskandeer is, sal outomaties hernu word tot einde 12 Julie 2021.

▪  Geen tydskrifte of oudio-biblioteekmateriaal kan uitgeneem word nie.

▪  Biblioteekmateriaal mag telefonies en per e-pos  hernu word.

▪  Geen spesiale aanvrae sal gedoen word nie.

Kontakbesonderhede van u plaaslike biblioteek is agter op u lidmaatskapkaartjie.