Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

Hessequa behaal 3rd plek in Wes-Kaapse Groenste Munisipaliteit Kompetisie

Hessequa Munisipaliteit het algehele derde plek in die Wes-Kaapse Groenste Munisipaliteit Kompetisie behaal en ʼn prysgeld van R50 000 ontvang.

Die Wes-Kaapse Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het op Maandag, 27 November 2017 tydens ‘n toekenningseremonie in Somerset-Wes, erkenning gegee aan Wes-Kaap munisipaliteite wat ernstig is oor vergroening.

Hessequa munisipaliteit het spesiale toekennings ontvang vir leierskap, mees konsekwente munisipaliteit asook stedelike verfraaiing.

Hessequa munisipaliteit het gedurende 2015 en 2016 eerste plek behaal in die Wes-Kaapse Groenste Munisipaliteit Kompetisie en neem die munisipaliteit steeds volgende jaar as Wes-Kaap wenner deel aan die Nasionale Groenste Munisipaliteit kompetisie.

Die kompetisie word beoordeel volgens afvalbestuur, energiedoeltreffendheid en bewaring, biodiversiteit en kusbestuur, waterbestuur en bewaring, kwaliteit van lugbestuur en leierskap, nakoming, instansie reëlings asook publieke deelname.

Johan Jacobs, Munisipale Bestuurder sê hierdie prestasie is ‘n spanpoging en word elkeen betrokke opreg bedank vir hul bydrae. “Hierdie is ‘n gesamentlike poging en ons is almal saam trots op die wonderlike resultate. Die kompetisie raak nou geweldig sterk in die Wes-Kaap en ander munisipaliteite leer by Hessequa en bou op ons suksesse wat behaal is.”

In reaksie op die aankondiging het Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Grant Riddles gesê dat dit ‘n bewys is van die Raad se verbintenis tot die beskerming en bewaring van die omgewing. “Graag bedank ek die Munisipale Bestuurder en alle amptenare betrokke by hierdie erkenning.”

Swartland munisipaliteit het eerste by plaaslike munisipaliteite behaal en Overstrand munisipaliteit tweede.
Eden Distriksmunisipaliteit het eerste plek behaal in die streeksowerhede-kategorie.

Thank for your file upload