Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Herseel van paaie in Hessequa

HERSEËL VAN PAAIE IN HESSEQUA

Die Hessequa-streek se herseël van paaie projek is toegeken aan diensverskaffer Enstha Henra teen ʼn totale bedrag van R 18 miljoen, met ʼn voltooiings datum van 30 June 2017. Die projek word befonds uit munisipale en vloedskade befondsing. Die projekbestuurspan is Hessequa Raadgewende Ingenieurs in samewerking met die Hessequa Munisipaliteit se Tegniese Departement. Die projek behels die herseël van paaie, hergruis van strate asook die konstruksie van stormwater verwante infrastruktuur (bv. randstene en stormwater dreinering).

Strate word binne die plavei bestuurstelsel van Hessequa Munisipaliteit geprioritiseer in terme van herseël en rehabilitasie. Die kondisie van die strate word geanaliseer volgens die struktuur van die pad sowel as die boonste teerlaag. Strate wat deur die vloed in 2012/13 beskadig was, word ook deur Nasionale Ramp Befondsing herstel en is ingesluit in hierdie projek.

Die herseël van strate in die onderskeie dorpe word hier onder uiteengesit:

Dorp Kontrak waarde Status (Vordering)
Albertinia R 3 304 803 100% voltooi
Gouritsmond R 1 334 033 100% voltooi
Stilbaai R 2 408 470 85% voltooi
Riversdal R 6 150 071 90% voltooi
Heidelberg R 2 607 286 30% voltooi
Jongensfontein R 1 682 240 0% konstruksie begin teen middel Oktober 2016
Witsand R  1 018 417 0% – konstruksie sal begin in November 2016.
Melkhoutfontein R     252 637 5% voltooi

Die kontrakteur is tans besig met konstruksie in Stilbaai, Melkhoutfontein en Heidelberg. Die kontrakteur is tans vier maande voor beplande skedule.

Die volgende strate is op die padinstandhoudings stelsel:

ALBERTINIA

  • Gravel rd. Theronsville (Pat Jacobsstraat, Trevor Waterboerstraat)
  • Nywerheidslaan
  • Kiewietjie straat

GOURITSMOND                    

  • Van Riebeeck
  • President Steyn
  • Kerkstraat
  • RetiefstraatSTILBAAI
  • Osler
  • Steadfraylaan
  • Orchid

RIVERSDAL

  • Gravel rd Garcia
  • Proteastraat
  • Protealaan
  • Durbanstraat
  • Orrstraat
  • Homeriastraat
  • Geranium
  • Versfeldstraat
  • Heidestraat

HEIDELBERG

  • Roberts rd.
  • Gamblestraat
  • Andries du Toit
  • Van Aard

JONGENSFONTEIN

  • Rowwekliplaan
  • Olienhout singel
  • Noordkapperlaan
  • Melkhoutlaan

WITSAND

  • Portugeesstraat
  • Diasstraat

MELKHOUTFONTEIN

  • Heideweg

Die projek is steeds in proses en word die gemeenskap bedank vir hul geduld tydens konstruksie.

Thank for your file upload