GAP BEHUISING SUBSIDIE VERGADERING
Die Provinsiale Departement van Menslike Nedersettings in vennootskap met Hessequa munisipaliteit nooi u hartlik uit na ʼn inligtingsvergadering oor die “FINANCED LINKED INDIVIDUAL SUBSIDY PROGRAMME (FLISP) – GAP BEHUISING.
Datum: Donderdag, 23 Junie 2016
Tyd: 19:00
Plek: Riversdal Burgersentrum
NEEM ASB KENNIS DAT DIE DATUM VERSKUIF NA 7 JULIE 2016.
Datum: VERSKUIF NA 7 JULIE 2016
Tyd: 19:00
Plek: Heidelberg Duivenhoks Gemeenskapsaal
Departement van Menslike Nedersettings wil inligting met toekomstige huiseienaars in Hessequa deel oor die subsidie vir diegene wat ʼn salaris verdien tussen R3 501 – R15 000 per maand.
Tydens die inligtingsessie met die gemeenskap sal die proses asook die rol van die munisipaliteit aan potensiële kandidate verduidelik word.
Wat is GAP behuising?
“GAP” behuising verwys na behuising vir behoeftiges wat in die middel inkomste kategorie van tussen R3 501 en R15 000 per maand, val. Persone wat in die gemelde inkomste groep val, kom in aanmerking vir “GAP” behuising, maar moet daar aan die gestipuleerde kwalifiseringsvereistes en kriteria voldoen word.
Hoe werk dit?
ʼn Applikant moet, onder andere, aansoek doen om ʼn verband vir die aankoop van eiendom by ʼn finansiële instelling.
Die vorm van subsidie wat tans beskikbaar gestel word deur Provinsiale Departement van Menslike Nedersettings, word verwys na as die “FINANCED LINKED INDIVIDUAL SUBSIDY” (FLISP), wat gebaseer is op ʼn glyskaal van inkomste. Hierdie vorm van subsidie sal tydens die inligtingsessie deur die Provinsie in detail verduidelik word.
Vir enige verdere inligting kan die Direkteur van Gemeenskapsdienste, Mnr. Chris Onrust by tel: 028-7138015 of die Bestuurder van Menslike Nedersettings, Mnr. N. Esau by tel: 028-7138066 gekontak word.