Die Hessequa Munisipaliteit se Raad is bevoorreg om ‘n Erkenningsgeleentheid vir plaaslike hoërskole te kan aanbied waar skoolhoofde en onderwysers vereer word vir hul matriekslaagsyfer, uitstekende prestasies en toegewydheid.
Tydens die Erkenningsgeleentheid het Hoër Landbouskool Oakdale, Gerrit du Plessis Hoërskool, Heidelberg Hoërskool, Albertinia Hoërskool, Hoërskool Langenhoven en Kairos Hoërskool elk ‘n brief van erkenning ontvang asook ‘n finansiële bydrae vanaf die Hessequa Raad.
Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Emor Nel het uitgewys dat ons met reg trots kan wees op die kwaliteit van onderrig en die opregte pogings van hoofde en hul personeel wat ons kinders in ‘n verantwoordelike en geleentheidsgedrewe rigting lei.
Twee presteerders se ouers het die toekennings namens hulle in ontvangs geneem aangesien hulle reeds na hul universiteit vertrek het.
Hessequa Munisipaliteit en Raad wens alle skole sterkte toe vir 2016.