Albertinia en Gouritsmond se Tegniese afdeling het geskiedenis gemaak deur die afgelope vier maande geen aan diens beserings aan te meld by Hessequa Munisipaliteit se Menslike Hulpbronne Afdeling nie.
Hierdie puik prestasie klop Stilbaai se Tegniese personeel wat voorheen die rekord gehou het van drie ononderbroke maande. Die Hessequa Raad het erkenning aan die personeel gegee deur middel van ʼn sertifikaat oorhandiging.
Die Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles asook die Beroepsgesondheid en Veiligheidsbeampte, Johannes Morwagaye het die werknemers tydens hierdie geleentheid geluk toegewens.
Burgemeester Riddles noem dat hy glo dit sal ʼn aansporing wees vir die ander dorpe om veiligheid eerste te stel en ook so ʼn goeie rekord op te bou of selfs te verbeter.

Veiligheidsbeampte)