Wat gebeur met jou ou rekenaar, selfoon, TV of musiekspeler wanneer jy opgradeer na ʼn nuwe model?
Nes die lappop van ouds, beland elektroniese toestelle uiteindelik op die ashoop wanneer verbruikers ’n nuwe speelding kry. Elektroniese-rommel is ryk aan gevaarlike metale en allerlei gifstowwe en hou ’n groot gevaar vir die omgewing en vir mense se gesondheid in.
Wat is elektroniese-rommel?
Enige toebehore wat met ʼn muurprop of ʼn battery werk of ʼn komponent daarvan.
Byvoorbeeld: Rekenaar, skerms, skootrekenaars, batterye, kabels, rekenaarmuise, sleutelboord, drukkers, telefone, selfone, laaiers, radio’s, strykysters, ketels, yskaste, stowe, lugverkoelers, batterye ens.
Gelei deur die Munisipale Stelselswet, 55 (1): Die ontwikkeling en instandhouding van ʼn stelsel waardeur die tevredenheid van die gemeenskap met munisipale dienste vasgetel kan word. ʼn Behoeftebepaling vraagstuk vir die verwydering van e-rommel is deur Hessequa munisipaliteit opgestel en sal in die gemeenskap sirkuleer. Die e-rommel vraagstukke sal by munisipale kantore en biblioteke beskikbaar wees vir voltooiing en geallokeerde bokse sal beskikbaar wees waarin die voltooide vraagstukke geplaas kan word. Die gemeenskap word versoek om hierdie vraagstukke te voltooi sodat die korrekte behoeftebepaling gemeet kan word.
Kontak persoon: Mnr. Andre Hansen.
Tel: 028 713 7858
e-pos: ander@hessequa.gov.za