Die brandseisoen begin 7 November 2018 tot verdere kennisgewing. Daar sal behoorlike kennis gegee word wanneer die omgewing en situasie veilig is om die brandseisoen af te sluit.
Geen beheerde brande sal toegelaat word gedurende die brandseisoen nie, met die gevolg dat die munisipaliteite geen brandpermitte sal uitreik nie.
Indien ‘n gras/veldbrand of enige struktuurbrande in die Hessequa area opgemerk word, of u in ‘n ongeluk betrokke is of so ‘n tragedie waarneem kan die munisipaliteit se 24 uur noodnommers 028 7132222 of 084 0141828 geskakel word.
Die boere word by voorbaat bedank vir begrip en goeie samewerking die afgelope tyd. Daar word met vertroue uitgesien na ‘n brandvrye feestyd.
Waar u reis, wees veilig, versigtig en beplan u rit deur genoegsame rustye in te bou. Arriveer eerder laat by u bestemming as glad nie.